Why the Ayrshire Breed?

 

  • Ayrshires combine good yields with milk high in protein, butterfat and lactose
  • Ayrshires are especially efficient forage converters per kilogram of bodyweight
  • Ayrshires give high margins  per liter and per hectare
  • Ayrshires have excellent functional type allowing them them to live long, healthy  and productive lives.
  • Ayrshires produce high value beef most economically
  • Ayrshire milk is different and is highly digestible

 

Die pad vorentoe vir die Ayrshire

Die Ayrshire is in die gelukkige posisie op die oomblik, dat elke boer in Suid-Afrika graag een wil besit. Dit is rooi en wit goud. Die uniekheid van die Ayrshire het hom in so ‘n posisie geplaas dat dit die mees gesogte melkbees ter wêreld is. Behalwe vir die uitstaande kwaliteit melk, is die Ayrshire die Rand-in-jou-sak bees. Langlewendheid, siekteweerstand, uiergesondheid en loopvermoë is van die kenmerke om die stelling te staaf.

Die aanvraag na Ayrshires het die afgelope 12 maande geweldig toegeneem. Dit is nie net op aanvraag by huidige Ayrshire telers nie, maar al hoe meer belangstelling en oorskakeling van telers van ander rasse neem toe. Dit het meegebring dat daar ‘n geweldige tekort is van teeldiere. Ongelukkig het die tendens meegebring dat daar voor-en nadele is. Vir die ras is dit ‘n geweldige inspuiting, want vir die eerste keer kan daar ‘n goeie waarde toegevoeg word aan Ayrshires. Pryse het gestyg en selfs in sommige gevalle verdubbel. Die laaste paar veilings het rekord prysebehaal met baie goeie gemiddelde pryse. Dit is interessant om te sien dat ander melkrasse se gemiddelde pryse op veilings besig is om af te neem, waar dit net die teenoorgestelde is by die Ayrshire. Die nadeel is dat baie kopers ongelukkig uitgebuit word. Telers moet onthou dat hul goeie naam gekoppel is aan die kwaliteit diere wat hul verkoop.

Die aanvraag na Ayrshire melk is baie hoog. Die rede hiervoor is dat dit bemark word as ‘n wêreldstandaard melk wat hormoonvry is. Al hoe meer instansies sien die potensiaal om Ayrshire-produkte te bemark, raak. Dit bring mee dat pryse styg en nog gaan styg. Woolworths het ‘n “nis’”-mark geskep wat die Ayrshire in ‘n eksklusiewe klas plaas teenoor alle ander suiwelprodukte. Die pad is oop, ‘n mark is geskep vir Ayrshire se unieke melk en produkte wat oordeelkundig gebruik moet word tot voordeel vir die Ayrshire-teler.te plaas.

Die toekoms lyk rooskleurig vir die Ayrshire van Suid-Afrika. Behalwe van goeie pryse vir diere en beter melkpryse, het ons van die beste genetika ter wêreld. Dit was verblydend om te kon verneem van internasionale besoekers die afgelope jaar dat Suid-Afrika se genetika goed vergelyk met die res van die wêreld. Dit is elke teler tesame met die semen-maatskappye se verantwoordelikheid om die regte bulle te selekteer om ons verder op die voorgrond te plaas.te plaas.

U as teler moet besef dat jy die eienaar is van die mees gesogte en volmaakte dier ter wêreld. Wees trots om deel te kan wees van ‘n eksklusiewe AYRSHIRE familie...

 

PO Box 25497
Langenhovenpark
9330

Tel: 051 446 3129
Fax: 0862950161
olene@ayrshire.co.za